bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 2
Isaiah 2
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
1
Die woord wat aan Jesaja, seun van Amos, geopenbaar is in verband met Juda en Jerusalem.
2
In die laaste dae sal die berg van die Here se huis stewig staan as die hoogste van die berge; hy sal bo die heuwels uittroon. Al die nasies sal daarheen stroom;
3
baie volke sal gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons van sy paaie kan leer, en ons sy weë kan volg.” Ja, uit Sion sal daar onderrig kom, en die woord van die Here uit Jerusalem.
4
Hy sal regspreek tussen die nasies, die reg handhaaf vir talryke volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee, en van hulle spiese snoeimesse. Nasies sal nie meer die swaard teen mekaar opneem nie; hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
5
Huis van Jakob, kom, laat ons leef in die lig van die Here.
6
Ja, U het u volk, die huis van Jakob, verlaat omdat daar soveel voorspellers uit die Ooste by hulle is, en soveel mense wat voortekens lees soos by die Filistyne; en van die nageslag van vreemdes het hulle 'n oorvloed.
7
Hulle land is vol silwer en goud – daar is geen einde aan hulle skatte nie. Hulle land is vol perde – daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.
8
Hulle land is vol nuttelose afgode; voor hulle handewerk buig hulle in aanbidding, voor dit wat hulle vingers gemaak het.
9
Mense het neergebuig, manne het hulleself verneder. U moet hulle nie vergewe nie!
10
Gaan skuil tussen die rotse, kruip weg in die grond uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid!
11
Die trotse oë van mense word verneder, die hoogmoed van manne word neergeslaan. Die Here alleen sal verhewe wees op daardie dag.
12
Die Here, Heerser oor alle magte, hou immers 'n dag gereed teen alles wat verwaand en hoog is, teen alles wat verhewe is – dit sal neergeslaan word –
13
teen al die hoë en verhewe seders van die Libanon, en teen al die eikebome van Basan,
14
teen al die hoë berge en al die verhewe heuwels,
15
teen elke hoë toring en elke versterkte stadsmuur,
16
teen al die handelskepe en teen al die imposante bote.
17
Die trots van mense word neergeslaan, die hooghartigheid van manne word omskep in vernedering. Die Here alleen sal verhewe wees op daardie dag.
18
Die nuttelose afgode – met hulle is dit uit en gedaan.
19
Mense sal in die grotte tussen rotse skuilgaan en in gate in die grond, uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid, wanneer Hy opstaan om die aarde te verskrik.
20
Op daardie dag sal mense hulle nuttelose afgode van silwer en hulle nuttelose afgode van goud wat hulle vir hulleself gemaak het om in aanbidding voor te buig, wegwerp vir die rotte en vlermuise –
21
om dan in rotsskeure en holkranse skuil te gaan uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid, wanneer Hy opstaan om die aarde te verskrik.
22
Hou op om julle te bekommer oor die mens; hy is net 'n asem in 'n neus! Ja, waarom moet met hom rekening gehou word?
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66