bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 38
Isaiah 38
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 37
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 39 →
1
In dié tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja, seun van Amos, het by hom aangekom en vir hom gesê: “So sê die Here, ‘Gee die laaste opdragte oor jou huisgesin, want jy gaan sterf; jy sal nie leef nie.’ ”
2
Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en tot die Here gebid.
3
Hy het gesê: “Ag, Here, dink tog daaraan dat ek in getrouheid en met 'n onverdeelde hart voor U geleef het, dat ek gedoen het wat goed is in u oë!” Hiskia het toe bitterlik gehuil.
4
Die woord van die Here het tot Jesaja gekom:
5
“Gaan sê vir Hiskia, ‘So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien. Kyk, Ek sal vyftien jaar by jou lewensdae voeg,
6
en Ek sal jou en hierdie stad red uit die greep van die koning van Assirië. Ek sal hierdie stad afskerm.
7
En dit sal vir jou van die Here af die teken wees dat die Here hierdie woord wat Hy gespreek het, sal uitvoer:
8
Kyk, Ek sal die skaduwee van die sonwyser van Agas wat met die son afgeskuif het, tien eenhede laat terugskuif.” ’ ” Toe het die son die tien eenhede wat dit gesak het op die sonwyser, teruggeskuif.
9
'n Geskrif van Hiskia, die koning van Juda, toe hy siek was en van die siekte herstel het.
10
Ek het by myself gedink, in die middel van my lewensdae moet ek deur die poorte van die •doderyk gaan. Ek is opgeroep vir die res van my jare.
11
Ek het gedink: Ek sal die Here nie sien nie – die Here in die land van die lewendes. Ek sal nie meer na mense kyk saam met die bewoners van die wêreld nie.
12
My woonplek is afgeslaan en van my weggeneem, soos die tent van 'n herder. Soos 'n wewer het ek my lewe opgerol – van die skering het Hy my losgeknip. Dag en nag laat U my dit ontgeld.
13
Ek het om hulp geroep tot die oggend. Soos 'n leeu, breek Hy al my beendere. Dag en nag laat U my dit ontgeld.
14
Soos 'n swaeltjie, soos 'n kraanvoël, so kerm ek; ek kla soos 'n duif. My oë word klein soos ek kyk na die hemel. My Heer, dit druk swaar op my; staan U vir my in!
15
Wat kan ek sê? Hy het dit vir my gesê; Hy het self opgetree. Sal ek al my lewensjare moeisaam voortgaan, weens die bitterheid van my siel?
16
My Heer, mense leef van wat U sê en doen; en dit geld vir almal in die lewensjare. My lewensasem – U moet my gesond maak, hou my aan die lewe!
17
Kyk, tot vrede het my intense bitterheid gelei; U self het my lewe teruggehou van die kuil van vernietiging, ja, U het al my sondes die rug toegekeer.
18
Want die doderyk sal U nie prys nie; die dood sal U nie loof nie. Dié wat na die put afdaal, verlaat hulle nie op u trou nie.
19
Dit is die een wat leef, die een wat leef – hý prys U, soos ek vandag. 'n Vader kan u trou bekend maak aan sy kinders.
20
Die Here is daar tot my redding; ons sal my snaarinstrumente laat opklink by die huis van die Here solank ons leef.
21
Jesaja het gesê: “Hulle moet saamgeperste droë vye bring en aan die sweer smeer, sodat hy sal kan bly leef.”
22
Hiskia het mos gevra: “Wat is die teken dat ek na die huis van die Here sal opgaan?”
← Chapter 37
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 39 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66