bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 23
Isaiah 23
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
1
Profesie oor Tirus. Weeklaag, handelskepe! Want dit is verwoes, sonder huise, sonder toegang. In die land van die Kittiërs is aan hulle berig gebring.
2
Wees stil, bewoners van die eiland! Handelaars van Sidon wat die see oorsteek, het jou, Tirus, gevul.
3
Met die groot waters langs was die saad van Sigor, ja, die oes van die Nyl, haar inkomste – dit was wins uit die nasies.
4
Skaam jou, Sidon! Want, toevlugsoord van die see, die see sê: “Ek het nie ineengekrimp, nie geboorte gegee nie; ek het nie jong manne grootgemaak, nie jong meisies opgevoed nie.”
5
Wanneer die berig Egipte bereik, krimp hulle ineen soos met die tyding oor Tirus.
6
Vaar oor na Tarsis! Weeklaag, bewoners van die eiland!
7
Is dít julle uitgelate stad? In die verre verlede lê haar oorsprong; haar voete het haar gedra om tydelik ver weg te woon.
8
Wie het so teen Tirus besluit, sy wat krone uitdeel, wie se handelaars •hoë amptenare is, wie se handelslui die geëerdes van die wêreld is?
9
Die Here, Heerser oor alle magte, het so besluit – om die hoogmoed van al die hoëlui te knou, om al die geëerdes van die wêreld met minagting te behandel.
10
Bewerk jou grond soos by die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen skeepswerf meer nie.
11
Sy hand het Hy oor die see uitgestrek; Hy het koninkryke laat bewe. Die Here self het 'n opdrag gegee oor Kanaän – dat sy vestings verdelg moet word.
12
Hy het gesê: “Jy sal nie meer uitgelate wees nie, onteerde maagdelike dogter van Sidon. Die Kittiërs, as jy gereedmaak, na hulle oorvaar – ook daar sal jy geen rus hê nie.”
13
Kyk, die land van die Galdeërs – dié volk bestaan nie meer nie. Assirië het dit vir woestyndiere bestem: Hulle het beleëringstorings opgerig; hulle het die land se vestings gesloop, dit 'n bouval gemaak.
14
Weeklaag, handelskepe! Want julle toevlugsoord is verwoes.
15
Op daardie dag sal Tirus vergete raak, sewentig jaar lank, soos die lewensdae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied oor die prostituut:
16
“Neem 'n lier, deurkruis die stad, vergete prostituut; bespeel dit goed, sing baie liedjies, sodat jy onthou word!”
17
Ná verloop van sewentig jaar sal die Here aan Tirus aandag gee. Sy sal terugkeer na haar hoereloon, sy sal hoereer met al die koninkryke van die wêreld oor die oppervlakte van die aarde heen.
18
Haar handelswins en hoereloon sal aan die Here gewy wees. Dit sal nie opgegaar of weggesit word nie, maar aan hulle wat in die teenwoordigheid van die Here woon, sal haar wins behoort, sodat hulle genoeg kan eet en pragtig geklee kan gaan.
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66