bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 3
Isaiah 3
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
1
Ja, kyk, die Here, die Heer, Heerser oor alle magte, gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steun verwyder: alle steun op brood, en alle steun op water,
2
op helde en krygsmanne, regters en profete, voorspellers en oudstes,
3
op •aanvoerders van vyftig en manne van aansien, raadgewers, ervare towenaars en kundige besweerders.
4
Die Here sê: “Ek maak jong manne hulle bevelvoerders; kwaadwilliges sal oor hulle heers.
5
Die mense sal mekaar vertrap – die een die ander, elkeen sy medemens. 'n Jong man sal 'n ou man aanval, en 'n nikswerd 'n geëerde.
6
As 'n man sy familielid vasgryp in die huis van sy vader en sê, ‘Jy het 'n oorkleed, jy moet ons •gesagvoerder wees; hierdie puinhoop sal onder jou beheer wees,’
7
sal hy op daardie dag teenstribbel en sê, ‘Ek is nie 'n geneser nie, en in my huis is geen brood en geen oorkleed nie. Julle mag my nie aanstel as gesagvoerder oor mense nie.’
8
Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval. Hulle tonge en hulle dade was teen die Here gerig, om sy blik, wat eerbied inboesem, uit te daag.
9
Hulle vooroordeel getuig teen hulle; en hulle sonde – soos Sodom maak hulle dit bekend, en steek dit nie weg nie. Wee hulle! Want hulle doen hulleself kwaad aan.
10
“ Sê vir die regverdiges dat dit goed sal gaan, want die vrug van hulle dade sal hulle geniet.
11
Wee die goddeloses! Dit sal sleg gaan; want wat hulle hande aangerig het, sal aan hulle gedoen word.
12
My volk – sy verdrukkers is geweldenaars, skuldeisers heers oor hulle. My volk, jou leiers lei jou op 'n dwaalweg; oor die rigting van jou paaie is hulle in die war.”
13
Die Here het sy plek ingeneem vir die hofstryd; Hy staan gereed om mense te oordeel.
14
Die Here kom met 'n klag teen die oudstes van sy volk en teen hulle aanvoerders: “Julle het self die wingerd afgewei. Wat geroof is van die magtelose, is in julle huise.
15
Wat gaan met julle aan? Julle vertrap my volk, julle vergruis die gesigte van magteloses.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here, Heerser oor alle magte.
16
Die Here sê: “Omdat die vroue van Sion hovaardig is, met uitgestrekte nek rondloop, en met verleidelike oë al trippelend wegstap, met ringe wat klingel aan hulle enkels,
17
sal my Heer die vroue van Sion se skedels met skurfte aantas; die Here sal hulle voorhoofde ontbloot. ”
18
Op daardie dag sal my Heer die versierings wegneem: die enkelringe, sonnetjies en halfmaantjies,
19
die oorbelle, armbande en sluiers,
20
die kopbande, enkelkettings en lyfserpe, die reukflesse, amulette,
21
ringe en neusringe,
22
die feesklere, mantels, skouermantels en handsakkies,
23
die deurskynende klere, linnehemde, •tulbande en sjaals.
24
In plaas van die geur van speserye sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van haarlokke 'n kaal kop, in plaas van deftige klere, 'n roukleed, in plaas van skoonheid 'n brandmerk.
25
Jou manne, Sion – deur die swaard sal hulle val, jou sterk manne in die oorlog.
26
Sion se ingange sal weeklaag en treur, kaalgestroop van mense, sal sy op die grond sit.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66