bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 34
Isaiah 34
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 35 →
1
Kom nader, nasies, om te hoor, volke, gee aandag! Die aarde en alles daarop moet hoor, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.
2
Want die grimmigheid van die Here is teen al die nasies gerig, sy woede teen al hulle leërs. Hy sal hulle met die banvloek tref, hulle vir 'n slagting oorlewer.
3
Hulle gesneuweldes sal weggegooi word, en hulle lyke – die stank daarvan sal opstyg. Die berge sal deurweek wees van hulle bloed.
4
Al die hemelliggame sal wegsmelt, en soos 'n boekrol sal die hemel opgerol word. Al die hemelliggame sal verskrompel soos die blare van 'n wingerdstok verskrompel, soos verskrompelde vrugte aan 'n vyeboom.
5
“Ja, my swaard het genoeg te drinke gehad in die hemelruim. Kyk, op Edom gaan dit neerkom, op die volk vir wie my banvloek gaan tref om die oordeel te voltrek. ”
6
Die Here het 'n swaard – vol bloed is dit, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokramme, van die niervet van ramme; want daar is 'n offerfees vir die Here in Bosra, 'n groot slagting in die land van Edom.
7
Buffels sak neer saam met hulle, bulle saam met die sterkes. Hulle grond sal hom vol drink aan bloed, hulle stof sal versadig wees van vet.
8
Ja, daar is 'n dag van wraak vir die Here, 'n jaar van vergelding in die regstryd van Sion.
9
Edom se strome sal in pik verander, haar stof in swael – haar gebied sal brandende pik word.
10
Nag en dag sal dit nie geblus word nie, vir altyd styg haar rook omhoog. Van geslag tot geslag sal sy in puin lê, vir ewig en altyd sal niemand deur haar trek nie.
11
Bontkraaie en kortooruile sal haar in besit neem; grasuile en swartkraaie sal in haar woon. Hy lê die maatlyn van verlatenheid oor haar aan, die weegstene van leegheid.
12
Haar hoëlui – daar sal niks wees wat hulle 'n koninkryk kan noem nie; al haar •hoë amptenare sal niks wees nie.
13
In haar vestings sal dorings opkom – brandnetels en sydissels in haar versterkte stad. Dit sal 'n lêplek vir jakkalse wees, 'n blyplek vir steenuile.
14
Woestyndiere sal hiënas daar raakloop, •veldgode sal na mekaar roep. Ja, Lilit sal daar draal en vir haar 'n rusplek vind.
15
Daar sal 'n uil nesmaak en eiers lê, daarop broei, en dit in haar skaduwee uitbroei. Ja, daar sal jakkalsvoëls saamkom, elkeen by haar maat.
16
Gaan dit na in die boekrol van die Here, en lees: Nie een van hulle ontbreek nie, nie een sal haar maat mis nie; want die mond van die Here het dit beveel, en sy Gees, Hy maak hulle bymekaar.
17
Hy is die Een wat vir hulle die lot gewerp het, en sy hand het die land met die meetsnoer aan hulle toegedeel. Vir altyd sal hulle dit in besit neem, en van geslag tot geslag sal hulle daarin woon.
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 35 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66